Jongste aktiwiteit:

Snaar-spore

Longe pomp
nat asem…
wasem…
dit baar woorde…

Woorde leef
sonder asem
in asem

Woorde spat,
klap,
verniel en tart

Wanneer is ‘n woord Woord?
Wanneer is ‘n woord dood?

God se Woord
is Woord

Woord leef,
Woord is brood

Woord vloei
in woorde,
soos salwings-druppels
drup-trek dit heuning drade
van goue sonstrale
teen my donker gange

Dit drup en dit gly
soos olie druppels
op my kitaar
teen snaar-spore af

Woorde sterf
Woord lewe

Woorde is maar net wasem
Woord is lewende asem

Woord het are, van
koring en bloed

Woorde is los…
vet…vetsug woorde,
suinige, vretende woord vrate
vol wereld gemors

Woord is die
sleutel se klawer,
dit heet en buig die baard
van die slot wat ons
in donker begrawe

Moeg woorde staar…

Dit staar en dit spons-in
die oggendstond
wat heuning en botter
soet en vars drup uit ABBA se mond




2 Kommentare

  • Kiekies

    Uit-flippieng-stekend!

  • Inkmoderator

    Blommie, alhoewel ek geen twyfel het daaraan dat hierdie vers oor die grootste potensiaal beskik nie, wil ek effe deins teen die herhaalde gebruik van 'woord' en'woorde'. Ek gaan hieronder aan jou vers torring en sien hoe dit daaruit sien as ek klaar is. Gesels gerus hieroor as jy 'n kans kry. Longe pomp nat asem; wasem wat woorde baar wat leef sonder asem in asem spat, klap, verniel en tart Wanneer is dit waarlik Woord? Wanneer spreek dit dood? God se Asem is Woord wat leef en voed soos brood– Woord vloei in woorde, soos salwingsdruppels drup-trek dit heuningdrade van goue sonstrale teen my donker gange Dit drup en dit gly soos oliedruppels op my kitaar teen snaarspore af Woorde sterf en lewe, is maar net wasem– lewende asem, are van koring en bloed Woord is die sleutel se klawer, dit heet en buig die baard van die slot wat ons in donker begrawe– dit staar en dit spons-in die oggendstond wat heuning en botter soet-vars drup uit ABBA se mond Ek weet ek het baie hieraan gekrap en geknip. Laat weet asseblief hoe jy hieroor voel. Groetnis IM

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed