
Retrospeksie
Retrospeksie
Ek is lief vir die lewe en skepping want
God self het sy handewerk goed gevind – – –
My liefde in retrospeksie vlerk swewend
verkennend oor ons wye uitgestrekte
savannevlaktes en woestyne se golwende
duine in die verre weste tot die malse
groen woude en bosse in die verre ooste—
Tussen al die wisselende landskappe van
ooste na weste sien ek my afgelegde
lewensreise kronkelend deur al die
taferele heen om in my verbeelding weer
hul verskeie seisoensklimate te ervaar en
met heimwee ‘n onthou en groeteveertjie
te laat val wat swewend daal op elke geliefde
plek of landskap van my reise se vertoef – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.