Jongste aktiwiteit:

Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie

en ek’s jammer vir jou skape
en ek’s jammer oor die bees
die somers was nou drie jaar lank
net veels te droog gewees

ek weet die vleie loop nie
en die veld is dor en vaal
ek wis die son se skroei sal nog
die laaste lewe
uit selfs ‘n bitterbos kan haal

maar ek bid vir jou ‘n reënwolk
net voordat ek gaan slaap
en stuur solank
‘n blou kan vol
koel, koel water uit die Kaap

© Carma Shaw
15 November 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed