Genade van ‘n insulien naal’
Onder die moegheid wat my neervel
ontbrand in my hierdie geweldige dors
weet ek dat daar iets met my geduld skort
as my tong verdroog in ‘n woestynkors.
In die bose kringloop van ‘n oormaat glukose
draf ek paaie na die gemakhuis
ontbind in my ‘n ongekende bose
maak die siekte hom stil in my tuis.
Dan begin my visie met my parte speel
ook amandel wat in wasems in my asem ruik
sal ek ooit weer kan sluk verby die knop in my keel
hoe bedaar naarheid as ketoasidose al my krag gebruik.
Deur die genade van ‘n insulien naal’
word my toekoms dan ongevoelig bepaal.
© Anzé Bezuidenhout
5 Kommentare
-
-

neels
treffende werk Anze laat mens dink
-

Koekekranka
Duidelik het jy eersterangse saamlewe hier verwoord. Welgedaan!
-

Kiekies
Grootse genade!! Jy het goed geskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
En wat 'n genade. My skoonma leef al 50 jaar met hierdie siekte saam en dis nie maklik nie. Goed beskryf, Anze