Sieledonkerte
Sieledonkerte
My gemoed voel vandag so swart
in donkerte gehul soekend soos in
‘n sterlose nag rigtingloos verdwaal
met al die kerse in my siel doodgeblaas
want ek treur en treur my verdriet is nag
iewers langs die pad het jou ontydige
verlies in my lewe my van my nodige
inspirasie, muse en lewensvreugde beroof
Hoe lank,
hoe lank kan dit so aangaan?
Daarom stap ek moedig terug op ons kort
herinneringspad en steek al die kersies op
en vee sommer die stof en spinnerakke af
van ander reeds lank gelede anderkant—
Met die gemoed en onthou se helder kersligte
is die sieledonker verdryf, sterre vonkel helder,
skitterend, en die kersies flikker vrolik want die vreugde
is terug in my lewe , so ek trek die rouklere uit, en
haal die mooi geblomdes uit die kas—
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.