Jongste aktiwiteit:

Oupa Lacaas

Oupa Lacaas

So groot soos ‘n reus, met ‘n hart van ‘n muis.

By hom was almal dadelik tuis.

Van sy biertjie en vleisie oor die kole kon jy maar jou voortande gee, niks sou hom daarvan kon speen.

Sy hande was bang vir niks.

Van werk en selfs sy kinders het hy met liefde getugtig.

Jare van rugby het sy ou enkels redelik geknoei.

Maar met ‘n stink salfie was hy weer reg om die lewe te stoei.

Koskook was sy gawe, selfs bak kan ek goed onthou.

‘n Oor wat luister, sy raad bring jou terug van ‘n pad byster, al was sy eie sake vir hom ook soms duister.

Geen banghaar of wag voor sy mond. Van dominee tot pastoor, hy het sy storie kaalkop vertel.

Vir sy kinders het hy geleef, al het hulle soms sy dissipline gevrees.

Hy was so sterk soos ‘n bees, net jammer kanker het hom te kort laat leef.

Sy kinders het hom gegroet met sy gunsteling vers:

“Elke ding het sy bepaalde tyd.”

Hy rus nou sag by sy Vader, Hom gedien tot die laaste sekonde.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed