Latest Activity:

Dans van die Liefde

Wanneer jou lyf se simfonie
adagio in c mineur
en myne saamsleur
in die suiwer note van die minuet
dan sweef ons saam, ons liggame versmelt
andante in die tango, smeulend groei die ritme
allegretto tot allegro as die paso doble oorneem
styg ons saam in allegrissimo
P
R
E
S
T
I
S
S
I
M
O
en tuimel af in moderato
gly ons wals in andantino
stadig, rustig, lento
larghissimo
tevrede sag
tesame
pianissimo…
©Anton Bosch 16/01/2020




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • PJB het n geregistreerde lid geword

  • Ian wrote a new post

  • Amaspoke wrote a new post