
aanwensel
mense met swak gewoontes
is so volop soos stof in die wind
party gooi stompies net waar hul kom
ander gooi bruin bierbottels in skerwe rond
dan kry jy die gesig-vatters wat heeltyd betas
ook die lastige ou omies wat drukkies uitdeel
aan al wat mooi en jonk is met ‘n glimlag
van die ergste is dié wat met halitose
in jou gesig wil kom gesels
meeste mense het een
of ander aanwensel
waarmee hul sit
sonder dat hul
bewus is daarvan
kyk maar gereeld
in ‘n spieël
lek aan
die
agterkant
van jou hand
en ruik dan
daaraan
oef – la – doef
kom jy grond-toe
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.