Illusie?
Ysterwiele skree tot stilstand
by Brackenfell se stasie.
Die suidoos maak amok vanaand.
’n Vliegtuig vlieg verby.
En ek verbeel my
ek vlug saam
na ’n ander plek en tyd
waar ek verdwaal in die idee
van ’n skynrealiteit –
’n plek waar ons twee saam kan wees
sonder huiwer, sonder bang
(’n subbewussyn)
in droomsekondes vasgevang.
*
Later daardie nag
sou die koudheid deur oop ruite stroom
en my onwillig laat ontwaak
uit ’n driemaal-dieper slaap
waarin ek nog éénmaal
aan die (on)werklikheid van jou
kon raak.
© Carma Shaw
13 Januarie 2020
19:23
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Pragtige gedig!