
Lang Pad
Lang paaie lei
deur geboue en grasland
tyd gelyk
aan afstand.
In automatiese rat
gly bouvalle en gras
versier met plastiek papier,
net die swart pad
as enigste
verwysing punt.
dan uit die kant van motor moeg oë
deur beton gemors
sny skielik onverwagte mooi
nuwe skoon horisonne
oop.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.