Jongste aktiwiteit:

geskal

hoog uit die blou hemel
klink daar trompet geskal
eentonig draal dit om en om
uit donker wolke kom daar geruis
van vlerke wat alles oorheers en verdof
vlerke wat skaduwees gooi oor berg en dal

oor duine en dale hardloop hulle
soos rooimiere wat nie weet waarheen
soek na gate en grotte wat hulle nie kry
skreeuende massas in histeriese gekrioel
al hulle nuttelose wapens neergegooi
harte krimp in ongelooflike vrees

duister daal oor aardse landskap
vlerkgeklap skep ongelooflike verwarring
massas wat ineen stort van pyn en vrees
blink swart oë soos ‘n arend in vlug
dreun en laat donker rook agter
vlamme wat lek uit sy bek

elke droë boom verbrand
selfs groenigheid verwelk
riviere droog op in stoom
gelukkig is dit net droom

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed