Jongste aktiwiteit:

Die Reën Het Gekom

Die Reën Het Gekom

Met die natuur se rëenwaterstort
verfris, is die donderbui weer vort
en reënboogkleure fleurig
soos uitgespreide poustertvere keurig
belyn koepel oor die wolkehemel
en met lewe wat weer opflikker, wemel
en huppel
dit jubelend oor elke kosbare druppel
wat red uit die versmorende snak
van droogte se wrede knou en knak – – –
Stroompies sigsag vrolik kabbelend,
babbelend,
en die agtdaegrassies
groen skoonheid ontluikend, steek saggies
kop uit met nuuskierige loerende jong sprietjies,
wyl die skerp wag- ‘n – bietjie
haakdoring se blaarlose naak vennyn
nou agter ‘n blareskede verskans verdwyn
en plate duwweltjies rank geniepsig
skynheilig mooi agter ‘n geelblommetjie gesig – – –
Voëltjies pik ywerig maar die goggatjies skarrel
weg en skoenlappers fladder en dwarrel
met die briesie van blom tot blom
die varsaardereuk versprei, die reën het gekom!

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed