Jongste aktiwiteit:

Gekneusde siel

Gekneusde siel

Ek wonder oor daardie dae –
hoe jy die son wou pluk
uit die stil wingerd van sterflikheid
– hoe jy dié gesig in jou jas wou bêre,
mosbegroeide oë in skrefies geplooi –

Waansin stap met ʼn wandelstok
those who find they’re touched by madness*
in verafgeleë plekke
sit down next to me…*

Maar lig vlegriem tóg deur gekneusde siel,
jy skuif ʼn werkbank nader en klim daarop
om by ʼn venster uit te kyk:
wolke lek die lug wit –
op ʼn dik potloodstreep
sit ʼn gietswartkraai en skree.

Jy het ʼn lang skaduwee gewroeg
those who feel the breath of sadness *
stroomop gebeur
sit down next to me…*

Eendag sal jy netjies verpak
in God se posbus arriveer,
vir nou wonder ek en dink terug
máár vertoef nooit lank nie.

© Ernst Fernando dos Santos
17 Nov. 16
•Kursief en met erkenning aan James se ‘Sit Down’.




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed