Julle wat die branders so ry
Julle wat die Branders so Ry
Deur: Ryno du Plessis
Julle wat die branders so ry, eens gelede was oues ook nog vry.
Gebaljaar daar waar julle nou oor die branders gly.
Son en roomys op die strand. Piekniekbroodjies in die hand.
Voete in die sand. Hier op die strand sit ek vandag en dink aan ‘n lewe terug.
Jy dink ek is koud. My baaibroek dalk al bietjie oud.
Vandag sê ek vir jou: Hierdie antie het al groter branders gery as nou.
Die see van die lewe spoel waters wat jy nog moet beleef.
Eendag sit jy ook hier waar ek tans sit.
Oud en rond met herinnering van die dae toe jy nog die branders van die see kon ry.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.