Jongste aktiwiteit:

Jou naam in sterrestof

Jou naam het ek met sterrestof
in die maan se buik loop skryf
wyl die sterre skaam beaam
as planete swewend verbydryf

Toe die son sy goudstraal kwas
sonneblom hoof hemelwaarts rig
stap ons kaalvoet deur die kraal
om room vir koffie te loop haal

Met ons mandjie boepensvol
van biltong, vrugte en neute
sprei jy vir my die lappieskombers
en ek skryf vir jou ‘n liefdesvers




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed