Bloedrivier
Bloedrivier
die slag wat in herhaling lag
omdat ons dit aanhou veg.
Wat is verkeerd?
Wat is reg?
Elk dink langs sy eie weg.
Opinies
Denkwyses
Riglyne
Strewes
Bloedrivier
trek weer laer,
want ‘een’ volk kan steeds
nie saamskaar.
Wat is verkeerd?
Wat is reg?
Elk dink langs sy eie weg.
Verwyte
Verkeerde besluite
Ontoegeeflikheid
Oordeel
Bloedrivier
ons sien jou more weer,
want elkeen wil regeer
oor sy eie koninkryk en kleur.
6 Kommentare
-
Viooltjie
Kort en kragtig saamgevat.
-
neels
Bloedrivier word vandag weer geveg met Al die blanks booed wat in hierdie land vergiet word
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe hierdie gedig vat diep.. puik gepen Vellies