Die alfabet is kleurloos
Bepaal velkleur jou taal
of hoe jy in Afrikaans spel,
en kies dit die woorde se letters
wat haat of liefde uitdruk?
Jou moedertaal is dit wat jy koester.
Die taal waarin jou moeder jou roep
en aan die slaap sing of sus
wat jou laat voel jy behoort waar jy is.
Die alfabet is kleurloos
dit skep emosies van huil tot bloos
en leer ons van weemoed en troos,
waar almal mekaar net hoef te aanvaar.
Die toekoms wag,
gister is reeds verby
en vandag het op laaste lig uitgery
praat Afrikaans sonder skaam kry.
Ons het almal lank genoeg gely
saam in een juk getrek en swaar gekry.
Waarom wil Afrikamense Tommietaal praat
en hul op mekaar staan en braak?
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
ek is gek oor hierdie een!!