Jongste aktiwiteit:

Wat word van Afrikaans

Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is
en jodel as jy die wandelpad stap
wanneer jy moeg word vir die stad

Soms toer jy na die ou Kalahari
op die rug van ‘n blink vosperd
as jou woorde Suikerbos-soet stroop

Die koffie in die kan wag op ou Jan
as Pierrewiet sy deuntjie wil saamsing
en sy haar rokkies net wil dra

Sonbrilletjies keer die ergste sonlig
en ry soos ‘n ruiter van die windjie
op pad na sy voshaar nooi

Dis te ver om te loop en te na om te ry
hoe gaan hy maak om te gaan opsit in die vlei
of ‘n huisie by die see te kry

Op pad na tante Koba wonder hy steeds
waarom is hasie se stert so kort
en wat is besig om van Afrikaans te word




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak