ZELDA HFSTK 7
Dit is n week later wat Zelda Paul nader roep waar sy op die rekenaar besig is. Toe Paul om die lessenaar stap en agter haar gaan staan wys sy na die skerm. Uit wat Paul lees sien hy dat De la Rocha Enterprises groot elektriese kontrakteurs is wat wêreldwyd werk. Wat sy oog dadelik vang is die naam van Manuel De la Rocha as een van die drie direkteure. Daar is drie direkteure waarvan hy kan aflei dat een Manuel se broer moet wees en dan is daar Rosa, vermoedelik n suster of dalk n dogter. Daar is egter net n algemene e pos adres.
Zelda stuur n e pos en verneem of daar nie dalk n persoonlike e pos vir Manuel is nie. Sy kry die volgende dag n e pos van Rosa de la Rocha dat hy nie n persoonlike e pos het nie maar dat sy die skakel beampte van die firma is en of daar iets is waarmee sy kan help.
Paul se raad is: “Sê vir haar dat jy navorsing doen na die De la Rocha familie. Heg n foto van jou aan en dan kyk ons wat gebeur”.
Vir n week is daar geen reaksie nie en toe Zelda die oggend die e posse oopmaak is die e pos daar: “Beste Zelda. Ek was baie wantrouig oor jou navraag en toe ek jou foto sien het ek dadelik die ooreenkomste tussen ons gesien. Dit het my laat dink want ek weet dat my pa een of ander tyd in Suid-Afrika gewerk het.
Ek het hom gaan konfontreer en het hy my die waarheid vertel. Hy het my vertel hoe hy op jou ma verlief geraak het maar dat hy nie met haar kon trou nie omdat hy alreeds n getroude man was.
Hy kon my ma nie skei nie want in hierdie familie word dit net eenvoudig nie toegelaat nie en die kerk sal dit ook nie erken nie.
Ek en jy is dus susters Zelda en dit was vir my n redelike skok om dit te ontdek maar ek het nou vrede gemaak met die gedagte en gaan reël dat ek jou binnekort kan kom besoek as dit jou sal pas.
Manuel stuur baie groete en vra dat jy nie vir hom kwaad moet wees nie. Hy het destyds nie n keuse gehad nie want sy broers het hom net eenvoudig gaan haal. Hy is ook duidelik vertel of hy kom saam of daar word vir hom n ongeluk gereël om die familienaam te beskerm. Ek moet jou vertel dat die familie maar sterk Mafia neigings het.
Zelda in jou volgende e pos moet jy my alles van jou vertel. Stuur fotos saam asseblief.
Groete
Rosa
Paul is die eerste een wat reageer: “Sjoe Blommetjie nou het jy jou hele familie opgespoor. Nou is daar nie meer spoke in jou lewe nie”.
Zelda staan op en druk Paul styf teen haar vas: “Ou grote weet jy hoe lekker voel dit vir my. Ek wonder net wat Sharon gaan sê as ek haar vertel dat ek my pa opgespoor het”.
Paul skud sy kop: “Blommetjie ek dink nie jy moet haar nou vertel nie. Los dit eers totdat jy direk kontak met jou pa gemaak het en dan kan jy haar vertel”.
Skielik raak Zelda ernstig: “Daar is iets wat ek en jy vanaand moet bespreek meneer Marais. Weet jy ek is nou al vier maande hier by jou en ons is al n maand oor die tyd wat ons oorspronklik op ooreengekom het. Vier wonderlike maande en ek voel dit is tyd dat ons besluite neem en aan beweeg maar nou gaan ek eers vir Rosa n epos stuur waarin ek haar van ons vertel en dat sy vir Manuel moet sê dat ek nie kwaad is vir hom nie en graag van hom wil hoor”.
Kliënte wat die winkel inkom voorkom dat die gesprek voortgesit word en is dit na aandete wat Zelda eers gaan stort en haar verskyning in n pragtige vrolike geel rokkie maak met n geel roos in die hare. soos altyd draai so voor Paul dat die rok so uitklok en kry sy haar gewone lang wolwefluit voordat sy by die kroegtoonbank gaan sit. Paul het klaar die glase reggesit en gooi hulle drankies in.
Hy sit lankal nie meer aan die agterkant van die kroegtoonbank nie maar langs Zelda.Hulle klink glasies en dan sit Paul sy hand op Zelda se been: “Laat ek hoor Blommetjie, wat het jy op die hart”.
Zelda neem n slukkie en dan sit sy haar glas neer: “Ou grote, ek het jou vertel dat ek my in die weeshuis voorgeneem het dat ek eendag sal uitstyg in die lewe. Danksy jou het ek dit bereik en het daar een droom van my lewe oorgebly en dit is om kinders van my eie te hê wat ek die liefde kan gee wat ek nie gehad het nie. Ek word een van die dae sewe en twintig en jy word een en dertig. Tyd is besig om ons in te haal Paul en dit is tyd dat ons besluit of ons verder wil saam wees in die lewe en of ons paaie moet skei en ons verder moet gaan soek vir lewensmaats. Ons kan ook nie net aangaan, mekaar dik vry dat ons drange teen die mure uitklim en daar gebeur niks verder nie”.
Paul sit sy glasie neer en neem Zelda se glasie, wat sy weer opgeneem het en n slukkie geneem het, uit haar hande en sit dit op die toonbank neer. Hy staan op en trek Zelda ook op. Hy druk haar teen hom vas. Zelda gee gewillig mee en antwoord sy druk.
“Zelda in hierdie vier maande het ek jou lief gekry en wil jou deel van my lewe hê vir die res van my lewe. Sal jy asseblief met my trou en my die gelukkigste man op aarde maak”, vra Paul.
“Ja Paul, duisend maal ja. Ek sal met jou trou want ek het jou uit my hart uit lief ou grote”.
Paul trek haar op die rusbank langs hom neer en die een passievolle soen op die ander volg totdat Zelda uitasem wegbreek: “Stadig Paul. Netnou verloor ons beheer oor ons self en jy weet van die belofte aan myself dat ek nie aan n man sal behoort voordat ek getroud is nie. Kom ons gaan maak koffie om af te koel en dan is dit bed toe my engel”.
Oor die koffie vra Paul: “Blommetjie en wanneer gaan ons trou? Ek wil so gou as moontlik trou”.
Zelda loer oor die koppie se rand met haar kuiltjieglimlag: “Die eerste Saterdag oor drie maande van nou af ou Grote. Dit gee ons genoeg tyd om alles te reël. Dit gee vir Rosa ook genoeg tyd om haar dinge te reël want ek wil haar hier hê as my strooimeisie en dalk kan my pa ook kom om my in die kerk in te bring”.
Zelda sit haar koppie neer: “Paul ek wil jou iets vertel. Toe ander meisies begin ontwikkel het het my liggaam plat gebly. Hulle het my ou plattes genoem en my altyd vertel dat so n meisie nooit n man sal kry nie. Dan moes ek aan hulle borste vat. Ek het nagte omgehuil daaroor”.
Zelda swyg n oomblik en gaan dan aan: “Toe my borste begin ontwikkel was dit vir my n wonderwerk en vandag het ek n paar stewige ferm borste wat ek baie trots op is”.
Zelda staan op en kom staan voor Paul, buig vooroor en kyk hom diep in die oë: “Paul om my mense hier te hê sal vir my die volmaakte afsluiting wees van n era wat verby is en kan ek n nuwe toekoms saam met jou begin”.
Daardie aand kry Paul n passievolle soen voor Zelda se kamerdeur en skryf sy in haar dagboek: “Liewe dagboek. Wat n wonderlike dag. Ek het my familie in Spanje opgespoor gekry en Paul het my gevra om te trou. Die eerste Saterdag oor drie maande is my groot dag. Ag dagboek ek hoop net my familie in Spanje kan hier wees vir my troue. Dit sal wonderlik wees as my eie pa my in die kerk kan inbring. Dagboek die lewe is n lied en die geluk wat ek nou ervaar sal opmaak van al my jare van artseer en verdriet in die weeshuis en die beloning van my opoffering van agt jaar om vir Barend Vosloo te sorg. Ek hoop net hy sal sterk genoeg wees dat hulle ook my troue kan bywoon”.
5 Kommentare
-
-
Toom
Ek's bly dat jy vir Zelda weer uitgee. Ek kon dit destyds nie vervolg nie. Maar nou geniet ek elke hoofstuk. GvT
-
Ronel Janse van Vuuren
e-pos (onthou jou koppeltekens!) foto's (die HAT is 'n goeie maat om te help met al die vreemde spelvorme) Van die sinne lees 'n bietjie lank. Die gebruik van kommas en ander leestekens kan dit vir die leser vergemaklik. "en Paul het my gevra om te trou." Maak dit 'n aparte sin met 'n uitroepteken - dis belangrik vir haar en staan apart van haar vreugde dat sy haar familie opgespoor het. "kerk kan inbring." Eindig die sin met elipsteken - dit werk saam met haar hoop en die wens wat dit is... Rosa se brief is 'n bietjie te beskrywend en aanvaardend - as sy soos Zelda is, moet dit 'n bietjie meer dreigend wees. Die hele mafia deel kan op gesinspeel word ipv reguit gesê word en dus kan Zelda bly en bang wees dat die familie haar erken as deel van hulle.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek lees heerlik!!!