VVV
hierdie gogga verskyn
dit val pens en pootjies
binne in my droom
eers vaag onbegrens
dan duidelik met loeiende
en aaklige neon kleure
flitsende ligte wat pols
en dril in my onderbewuste
my deeglik bewus maak
hierdie vreemde vlieënde
ongenooide voorwerp skud
my gedagtes soos ‘n sif
bekruip my soos ‘n dief
in die kort lewe se nag
en juis so onverwags
vee , vee , vee en vlieg
soos ’n vlieg om weer
iewers te gaan sit
© Tearlach.
(Onsinnig is my woorde soos die VVV)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.