Jongste aktiwiteit:

op die planke

 

 

geluide van oral

weerklink vroeg reeds oor my duin

iewers klink koppies en pierings

bokant my kras seemeeue

agter my lag fisante

voor my druis

branders

voorwaar

hemelse opvoering

wat op die planke van my verhoog

weerklink van kant tot kant

van die sonstrale vroeg

die gordyn oopskuif

tot die dag gaan lê

in skermlane

van dofrooi

karmosyn

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak