Soos najaarsdou #silwer
Soos najaarsdou
Haar spookasempienk gewaad
vertoon sag by haar spierwit kroon,
waardig, maar tog vriendelik
groet sy elkeen by die kerk se deur.
In haar lilapers roomysrok
geskep met kromgetrekte hande
is sy ‘n Barbie-uitrusting-legende,
‘n aantrekkingskrag vir oud en jonk.
In ‘n appelgroen gestileerde pakkie
vertoon sy klein en tog kordaat,
maar sy groei nog daagliks
soos wysheid wat stil ontkiem.
In ‘n wolklose hemelblou getooi
dra sy haar kroon as Koningskind,
sy hou aan glinster
soos najaarsdou.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.