Jongste aktiwiteit:

Trane

 

 

verwonderd staan hy

op sy spesiale plek, die duin

wat uitsig gee oor die diep blou see

waar golwe met reëlmaat breek oor sand

spierwit strande met spierwit mosselskulpe

spelende, draaiende, wit some agterlaat

wat vinnig wegsak in die gulsige sand

borreltjies van sakkende diertjies

wat hul tydelike tuiste daar vind

so val daar gereeld trane

oor my verimpelde

wang – oor bome

wat neerstort

in reëlmaat

byna elke

dag

party

in die storm

ander van

ouderdom

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed