
19 September
(BRONS)
2 Desember se geel rose het net gesê:
“Vir jou!”
Desember, later was dit ek wat vra:
“Las net 2 jaar by!”
Augustus…September – so was ons vêr en naby.
Sondag se lug was grou; ek onthou…
dit was koud in my leerjas.
Daar was 3 vroue by my Dawid-beeld,
anemia het sy volmaaktheid gesteel.
Jy was koud. Ek het gewens dat jy vir my sou sê:
“…jou lief.”
Jy was vermoeid. Kon hulle jou nie net los!!
Dit was net vergunde tyd, geleende tyd..min tyd!
Die boodskapper was in die deur…jou lyf koud en seer.
18 loop in 19…dit was September – koud en grou.
Jou laaste traan… ‘n dun strepie bloed…ons laaste groet.
19 September net na 7…was daar net jou lyf!
September….Desember…jare…soveel tyd…
“ek mis jou… nou”
©CJ Laing 09/12/2018
4 Kommentare
-
Charleine
Seer en eg!
-
Woordsmous
Sjoe....See-Jay? Weereens op jou eerlike, ongekunstelde manier vermeng jy teerheid met die harde werklikheid en pyn van afskeid, die mooi jaloesie om die laaste ure op te eis..."dit was koud in my leerjas." die masker om ons emosies te pantser sodat die wêreld dit nie sien nie... 'n Juweleskets oor afskeid en rou!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek