Beste INKers
Desember het ons getref soos ‘n hamer teen ‘n aambeeld.
Ek wou nog altyd die onderwerp “laaste strek en einde” ondersoek in die dig- en skryfkuns. Dit mag dalk net die regte tyd hiervoor wees.
DIGTERS:
Die tema is slegs ‘n voorstel as konsep en is nie bedoel om jou titel te weerspieël nie. Skryf ‘n vryvers (rymloos) oor die tema. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Maak die leisels los en bederf ons met jou talent.
VERHAALSKRYWERS:
Ons sien min sporttema stories op INK. Gebruik die onderwerp en skryf ‘n sportstorie. Daar is geen verdere voorskrifte nie. Laat jou talent ons betower.
RUBRIEKSKRYWERS:
Skryf ‘n rubriek oor die laaste strek voor ‘n doel bereik word.
ARTIKELSKRYWERS:
Skryf ‘n artikel oor iemand in die geskiedenis wat in die laaste strekke van hul lewe steeds ‘n ongelooflike bydrae gemaak het, soos byvoorbeeld Stephen Hawking.
Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem!
Lekker skryf; maak my trots!
Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.
Groete
IM – Projekbestuurder
*ONTHOU ASB SLEGS 3 INSKRYWINGS PER LID PER AFDELING