
Verslaan
trap saggies op my hart,
‘dat ek die nag se omhelsing
vir nóg ‘n oomblik kan ontwyk
en vir oulaas weer, my lot by jou bepleit
want daar waar ék moet gaan –
het die sterre reeds verskiet
en weerkaats die maan die donkerste seer,
wat als verslaan tot stom verdriet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek