’n Klein verhaal van groot tragiek
(Goud)
Êrens in die Vrystaat
oor vlaktes vol verlatenheid
lê ’n ou seisoen se pluimsaad
en wag (vergeefs)
dat dit moet reën.
En midde die verskroeide somer
staan ’n windpomp (onvoltooid)
naas ’n sinkdam sonder water
– ’n tafereel in ’n slotverhaal.
Die aarde kraak haar lippe oop,
skreeu stil dié groot tragiek:
droogte ken die perke nie,
die son besing sy eie lof
en…
God had geen genade nie.
© Carma Shaw
28 Desember 2018
19:26
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Viooltjie, dis 'n besonderse stuk werk. Die beelde wat jy gebruik om die verlatenheid en verslaendheid oor te dra is ongelooflik.