Vlerke van die wind
Seisoene kom en gaan
Soos golwe in die see
Spoel tyd deur jare
Al die riviere vloei ineen
Berge troon teen die hemel uit
En om te sterwe bring nuwe lewe
Kyk op na die wolke
Strewe na hoop, geloof en liefde
Elke begin het ‘n einde
Daar is ‘n doel vir alles
Wanneer jy terugkyk
Is dit net jy en die wind alleen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.