Jongste aktiwiteit:

31 Desember 2018

(goud)

Sy is lief die berg, sê sy –
die see, die lug, die blou,
die meeue wat teen storms beur,
die reuse vlieërs –
bont seile in die wind.

Sy sit dikwels op haar bankie;
kyk na die skepe in die baai.
Kom skemer
skyn hul dowwe liggies
deur die mis.
                        
Haar oë dwaal oor die waters –
die branders wat wit skuim
oor ’n rots.
Maar
dis teen Tafelberg se kranse
waar sy haar laaste blik laat strand.

© Carma Shaw
31 Desember 2018




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed