Slot
Stomp, die dolk
wat klief
deur die rou wond
van ‘n gekweste siel
draai, dryf, druk
dieper die lem
tot waar etter
vlak onder ou letsel lê.
Sweersels verwyt
verswelg die lug
met beskuldiging.
Die jy en jy;
die ek se pyn –
Joune en myne!
Eindelaas
hang slap hande
langs ‘n lam lyf,
en uit ‘n gebalde vuis
val die laaste veer
geruisloos –
plof op die aarde neer.
Daar is niks meer
om te verklaar
in die verhaal van
twee siele totaal uitpas
Naakte harte, kaal,
ewige gelapte skaad.
© CJ Laing 30/12/2018
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Woordsmous
Die seer van 'n gekweste siel..,.'n siel wat nooit kans gegun was om te genees nie, die wond is toegemaak maar nooit skoon gemaak nie, dit wys in die etter onder die die ou letsel...die mes wat stomp is, maw dit glip nei malklik, amper pynloos in om die wond oop te maak en skoon te laat bloei nie, dit moet met gteweld ingedruk word, om die maksimum pyn te veroorsaak. Dit dui vir my op daardie doelbewuste seermaak wanneer een siel die pyn wat hy homself aangedoen het, by die ander een gaan soek en daarom moet hy so seer as moontlik maak, asof dit die etter uit sy eie wond sou dreineer. Die verwonde siel wat later weerloos staan, die veer (wat vir my soos 'n laaste deeperate vredesgebaar lyk) wat geluidloos val, maar die impak wat hierdie val het is enorm in die groter prentjie, daarom plof dit op die aarde neer... Dan die weerloosheid, die naaktheid van twee gebrole siel wat uit pas is, ek sien 'n beeld in 'n gekraakte spieël waar die twee dele nie mooi bymekaar wil pas nie..dan die slot wat die ewige onherstelbare skade verwoord... Dis 'n gedig wat die leser na asem laat snak want hy voel die rou pyn. Jy moet nooit twyfel in jou eie talent nie!