My naam staan ook daar
My Naam Staan Ook Daar.
Iewers langs die pad het ons almal verdwaal.
Was my sondes groter as joune, dat net jy die paal kon haal?
Berou het ek getoon, gesmeek by God se troon.
Sy genade was genoeg vir my.
Saam sit ons in ‘n kerk, elkeen met sy eie gebrek.
Daar is vir ons elkeen plek. Jesus het die tafel vir almal gedek.
Gaan dan voort, haat my met jou hele hart. Saai nog dorings op my land.
My naam was ook daar, die dag op Golgota.
My pad is vorentoe, my gebed opreg.
Mag jy vrede vind daar waar gevoelens jou bind. Woede maak blind.
Tussen ander voel jy dalk jy blink. Sou my sondes jou beter laat voel, bid ek vir jou in die poel van donkerte, daar waar lig nog wag.
Jy is welkom. Kom stap saam met my na die Heilige Gees.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.