Jongste aktiwiteit:

Breek OOP die skanse (Silwer)

vasgevang deur inperkings
wat tralie om my denke
gebonde tot slegs gedeeltelike waarneming
met ‘n diep verlange wat stipoog tuur
om oop en vry te breek

holklinkend die ewige geroep
wat retories na antwoorde bly soek –
kwaliteit deelname beperk
deur ‘n tweestryd-lem
wat ontbondenheid striem

gebore om vry te leef en dink
maar ingehok om soos ‘n papegaai
agter mensgemaakte reëls aan te hink

gee my die sleutel
wat vryheid oop kan sluit
leer my die kuns om vlerk te span
en vry en hoog te sweef
sodat ek weer die volle waarde
van hierdie lewe kan beleef

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed