![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2022/03/pexels-acharaporn-kamornboonyarush-1028707-scaled.jpg)
Vir Jou (Opgedra aan my vrou)
ses en twintig letters
om woorde te vorm
maar my lippe sukkel
my gedagtes hardloop
my hart klop anders
oor jou
hoe moet ek skryf
as die pen in my hand
nie die letters kan trek
vir wat ek wil sê
aan jou
nou soek ‘n lied
of self in ‘n dans
dalk het ‘n blom
‘n beter kans
om te verduidelik
my liefde
vir jou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek