Jongste aktiwiteit:

Akkolade van my siel

Akkolade van my siel (Brons)

Plegtig omhels die wete my
skryf sal jou siel bevry
‘n kopstem kritiek in dofpers
waar aanskouers veeg en skerts

hulle goël met jou oë
kluister soos kenners jou vermoë
keisteenhard knakbreuk ‘n twyfelsug
jy wonder of jy ooit weer jou kop sal kan lig

dan indeks jy die inhoud wat jou so bind
dissoneer die nootvas foutgevind
slaan jou verhaal wawyd oop
vertel golfkalm van innerlike hoop

sing jou gondellied
verbluffend en uniek
vertel van glorieuse dade
‘n vrye siel se akkolade

geen knalval kan jou goedkeuring bepaal
bespeur jou skeppende verhaal
graaflike vaardigheid
dividende vir jou egtheid

ek is ‘n oop boek
erkende dromer wat nooit ophou soek
herenig
doelgerig op my lewensvlug

opgawe van my siel
instulp Godgegewe talente
met ‘n uitingskniel

©️Wendy Leigh




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed