Jongste aktiwiteit:

Die Skilderdoek

Die Skilderdoek

oopgestrek
staan die spierwit doek
wagtend op die skilder
onbekend

die kwas trippe trappe
op die kleurpallet
‘n bietjie wit, ‘n bietjie blou
met ‘n titseltjie geel daarby

hale van die kwas
dartel op die doek
maak geen sin
van naby gesien

maar met elke terugtree
ontvou die beeld
word blougryshale
onstuimige see
spierwitspatsels
branders wat rol

sagteblou bring kalm waters
en die diepste blou
laat geheime ontvou
die Skilder…
tog bekend

Elisma van Zyl




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed