Die tabernakel van ‘n vrou
Die Tabernakel van ‘n Vrou
Soms wisselval my onthou
dit stort ineen
ek verlang hoe tyd soos boomkringe om my vou
hoe die herinneringe op geestesvervoering steun
trane stort
harmonies val dit na die grond
dralende gevalle ween
op soek na die verlore een
ironies menigvuldig my alleenheid
geliefde, waar is jou teenwoordigheid
ek smag na ons onbestorwe liefde
die onbesorgde vreugde
sal my hart weer oopmaak
die spel van plesier my aanraak
‘n porsie snak
weer oor my lippe somersonbak
vind my tussen die kosmiese heelal
waar sterre verskiet
drome nooit val
vind my in die note van ‘n heilige lied
koester my soos ‘n gelyke gegiet
warm suggestiewe beelde
sper my af O’ sielsbeminde
betree die tabernakel van ‘n vrou
wakker die heugenis van getrou
skenk my opnuut weer elke deel van jou
hoe wens ek jy kan ook onthou…
hartstogtelik
as jy my nog onthou
kom wys my, want ek rou
@Wendy Leigh
3 Kommentare
-
Didi
Absolute diep en puik skrywe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek