die dag
–
tussen geraas van bouery
sluimer die klanke van die see
tussen ure en nag se stilte
spoel branders hul some uit
–
my siel kry lug uit die seelug
my hart verwarm in die koel bries
my liggaam ontwrig sy styfheid
en my lewe is steeds mooi
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.