Jongste aktiwiteit:

My Gebed Vir Jou

Ek bid vir jou…
‘n bietjie sonskyn
op ‘n reëndag,
‘n druppel vreugde
vir jou pyn.

Ek bid vir jou…
‘n lepel vol van liefde
om die hartseer weg te weer,
‘n skeppie vol van vriendskap
om die eensaamheid te keer.

Ek bid vir jou…
‘n hoëveld donderstorm
om jou aarde nat te lei,
‘n omgekeerde reënboog
om mee skoppelmaai te ry.

Ek bid vir jou…
‘n lewe vol van lekker-lag
om die einas weg te vee,
‘n doringlose paadjie
vir elke treetjie wat jy gee.

Ek bid vir jou…
‘n ruimskoots porsie liefhê
om jou lewe in te kleur,
‘n wa-vrag vol van seën
uit ons Vader self se keur.

Ek bid vir jou…
‘n loflied vir jou lewe
in aanbidding jou refrein,
‘n lewe vol van Jesus
wonderskoon en heilig-rein!

© Anton Bosch 30/04/2017




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed