Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak
mag ek maar entweg saam met jou te stap
om jou hand styf vas te hou
tot by die laaste groot boom
tussen die hemel en jou hel
want my kop is nog vars en vroegsomer
lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde
sekeldiep teen die horison van my naakte lyf
binne die buitelyne van jou kronkelpad
sien ek nog jou immergroen weivelde
en lilablou blomme wat bloei
teen die hange van jou berge
pretensieloos soos jy
jou stil winde swyg saam met die boeie om jou hart
maar ek wil graag saam met jou stap
net om jou naam vas te vers
teen die dikste stam
van laaste groot boom.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-

Callie Vermeulen
Pragtig Caren...vertel so 'n groot storie. Goeie foto geplaas.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek