Jongste aktiwiteit:

Vlugteling

presies 5:30 am word sy wakker
die lewe bloei deur haar are
sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien
maak ham en kaas toebies vir skool
dek die tafel vir ontbyt
maak die kinders wakker
en vat vir pappa koffie in die bed

maar in haar kop is ‘n kannibaal;
‘n wegloop hond huil in haar hart
en grou haar binneste vol gate
om ou bene uit te krap,
‘n boomslang seil rond in haar siel
tussen appels wat hy kamma opveil

“Vrou” noem mense haar:
eerste sondaar
ewig onvolmaak

nou wonder ek
is hierdie plek
dan regtig haar huis
en haar perfekte lyf
dan regtig wie sy is?

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed