‘n Wens
Sal jy my liefhê
met die vensters van jou siel,
sodat jy kan sien
wat die wêreld nie kan nie.
Sal jy luister
na die woorde
wat ek nie kan uiter,
maar my hart sag fluister.
Sal jy my liefhê
met suiwer woorde
uit die waarheid
van jou hart.
Sal jy my liefhê
met die aanraking
van jou hand
‘n gebaar van bewondering.
Want ek is broos
en ek wonder altoos
oor die wonder
en die ken van jou…
Ek het so min
om jou te gee
als is so leeg…
op die altaar
van deel.
In my halwe seker
skree die fetus
om gespaarde lewe,
sodat dit tot openbaring kan kom.
Spartelend teen die prikkels
van twyfel en wil weet.
Sal jy my liefhê?
© CJ Laing 02/01/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.