Jongste aktiwiteit:

Pols en Klank

Karre vleg ongeduldig deurmekaar,
terwyl trokke, swaargelaai, kruie.
Toeters blaas en hande beduie
na die asprisse taxi wat bly staan.
Dis ‘n ongemerkte halte waar hy wag,
dat tydsame, ronde breë heuplywe
wurgend tussen ander deur skuiwe
en plomp tot rus kom langs die pad.

Tussen skewe, manke huise
saamgeflans uit sink en hout,
verdwyn die kletsende vroue.
In die nou stofstrate groei rommelstruike
waar kinders vrolik kruiwaens stoot
wat kier-kier en kreun,
terwyl dit vorentoe beur
onder die las van die waternood.

Wit kaalnek hoenders kloek
so knik-knik-kop oor kaal erwe
en pik-pik na enige inseklewe.
In die skaduhoeke
sit ou hoede met grysbaarde
en suig aan tabakpype
die gesprek is oor politieke skuiwe
en outydse verlore waarde.

By die markstraatsmouse
koop jy veselperskes spinasie
in bondels gebind en tamatie
Vleis is ekstra by pap en sheba-sous.
Uit die bier bedruipte shebeen
peel ploffende polsende kwaito
wat lywe soos in hipnose
in die ritmes meesleep.
Daar is lewe in kleur en klank
Daar is deel in gebrek
waar lewensvreugde verder strek
as die balans in die bank.
Langs die snellende besige pad
by ‘n ongemerkte stop
is ‘n man besig om sy skoene te stof
geduldig sal hy wag.

© CJ Lain 02/01/2018
© Kunswerk CJ Laing




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed