Jongste aktiwiteit:

Die Son Die Maan Die Sterre

Die sterre se verhale
Val op dowe oë in antieke tale
Minder beskrywend as die son se warm strale
So hulle taktiek, hul kom in getalle

Net die son sal verstaan
Waarheen hulle gaan
Die oer oue oorloog kry ‘n naam
Die “werêld” met sy wentel baan

Die wolke wat demonstreer
Die son se groot hartseer
Dramaties verskyn sy donderweer
Die son se manier om sy siel droogte te beheer

Die maan wil vergaan
Dit is hoekom die sterre wag staan
Elke aand stort sy ‘n traan
Die dou op die gras dra haar hartsverlange beskrywend aan

Die aand bly roep
Die son sal bly soek
Die tipe liefde hoort in ‘n boek

‘n Ware verhaal
Aan my, deur ‘n verskietende ster vertaal
Hy het hard probeer om die son te haal
En op die ou einde met sy lewe betaal

Hy roep haar elke dag
Sy opkoms breek ‘n gedig van haar betowerende prag
Die aand lug suis bitter sag
Sy huil haar hart uit elke nag

Alles mooi kom met sy prys
Elke huis dra sy eie kruis
Elke wolk met sy silwer rand vertoon eerste grys
Tussen hartseer verhale maak sterre hulle tuis

Ek begin verstaan
Hulle bestaan
Sonder hulle hartseer sal alles vergaan
Hulle liefde het die toets van tyd deurstaan

Die grootste belofte
Die son
Die maan
Die sterre

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak