Vandag se woorde maak môre seer
My woorde vandag maak môre seer
Die wind vandag perfek om te hardloop met ‘n vlieer
Als wat maklik is word met pille beheer
Gaan kyk op die rakke jy kry elke natuurlike geur
Ons wag in rye, vroeg die oggend uur, vir die uitverkoping agter hul toe deur
Die son wat opkom word vergeet
Soos die lewe saam geld aan tafel saam sit en eet
Ons sonde vandag, word kinders van môre se kreet
Ons vergeet om asem te haal
Met oë gefokus op die lewe en sy mylpaal
Jou kop leer jou hart van die taal
‘n Donkie stamp sy kop twee keer soos ons die verkeerde perd weer opsaal
Ons jaag die pad af om te wag
Ons leer ons kinders wanneer om te lag
Ons verkoop mens wees vir ‘n valse vlag
‘n Land gewas in bloed met sy natuur se prag
Sosiale media maak ons dom
Almal begin vir die verkeerde redes blom
Soos kanker met geen genesing nader kom
Spandeer hulle geld om kinders in lande oor die see te bom
Die wolf wat vir die maan wou huil staan net en grom
Kinders gaan beskerm aan grense
Hul gaan dood vir ons leiers se wense
Vir die wat lewe word lewe gesien deur gebreekte lense
Terwyl die groot magte sit en coniac deel soos hulle oorwinnings vuur met vol pense
Die oom af in die straat wat elke aand huil van die verlede is maar net een van die kenses
Mensdom se rak lewe verval
Ons is alreeds besig om te verstik aan die smaak van gal
Die gewone mense in die werêld raak mal
Ek is een van hul
Wat in die aande rondhardloop en gil
Niks kan my meer help nie eers ‘n pil
Ek verstaan nie hoekom is die waarheid so stil
Hoekom die leegheid mense so vul
Hoekom daar so veel waarde is in ‘n syfer gevolg deur ‘n repeterende nul
Darem red my woorde my
Ons loop sy aan sy
Besig om vir die oorlog voor te berei
Anders was ek ook dalk in ‘n inrigting besig om “hulp” te kry
Oë wat teen die slaapheid van medikasie stry
Wat mens help om jou van die siekte te bevry
Ek het my self gaan soek
Ek het my antwoorde gevind in die middel van ‘n vergete boek
Hulle hou nie van die tipe woorde nie, dit is slegte maniere om te vloek
Maar hou ons daar in die donker hoek
Ons gebruik sommer kerse en skryf klaar aan ons boek
Deur
Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.