Jongste aktiwiteit:

Digter is ‘n langstand atleed

Die wedloop tussen Woord en Gedig

Die einde jaag my voete daar
Die laaste “stretch”,
Die laaste 100 m van my gesoek
Die einde se lyn
So ver dit wil onder my oë uit verdwyn
So naby dit wil my swaar hande verlei

“Ons het die gees”
“Die ja man ja”
“Ons voel dit in ons voete……… “

Ek jaag dit wat ek soek
Tot dit wat ek soek,
my van agteraf begin inhaal
Verder as ooit tevore
Nader as wat ek dalk kan hanteer
“No guts no glory”

Iewers in die middel naby
Niemandsland met geroeste draad grense
Draf Vaag figure so ver voor
Dit lyk of hul agter is
Onbekende gesigte kort op my hakke

Voor of agter
Agter of voor
Einde se begin
Begin se einde
Onderstebo

Die gesoek wil vrede behaal
Die vrede wil net gemoedrus inhaal
Die laaste “stretch” is vandag so mooi
Die hart wil hier sonder ‘n gejaag hartsverlange note se ritme vind

Die gejaag hardloop alweer vooruit
Die vrae kom stadiger agterna,
hulle draf met dissipline saam-saam,
Die antwoorde wag vir die laaste 100m
Hul draf op ‘n spaarsamige pas, opsoek na die waarheid
Hulle rook skelm agter die paviljoen
Minder oor die resies gepla

Die rus kans, gun die geleentheid vir asem skep
Die miltsteek help my regter tekkie
Om sy krampende sole uit te vryf
Ek gaan sit en bekyk die laaste paar meter

My ore skrik wakker
My oë bekyk die kunsmatige wit lyne
My regter hand voel die helder groen gras onder my twee voete
Daar plat op my gat begin ek breed te smile
Asof ek weet wat die opgee
Vir my inhou

Ziggy ziggy ziggy
Haai haai haai
Zigy,haai,ziggy,haai
Ziggy ziggy ziggy
Haai haai haai

Daar waar ek my EINDE bereik
Ek meen genoeg is genoeg
Daar op my laaste “stretch”
Bewoord ek gedig
Sonder om te jaag
Sonder om te soek
Sonder om te wag

My oë gebruik dit voor dit verdwyn
Ek skets vir my ‘n prentjie
My kop vind die beskrywing vermaaklik en so ironies
Die wedloop se baan is ‘n ovaal
Punt tot punt
Al in die rondte

Daar waar ek begin het
Daar verskyn die einde
Dit wat ek jaag
Was onwetend by
“op jou merke, gereed……..”
alreeds gevind

Die volgende herhaal
direk van A N G. Lisisme
“Look for me”
“Where the final stripe is to far for your eye”
Daar waar jou voete weet dit is
“Te naby vir troos”

Daar sal ek die res van my wedloop tyd gebruik
Op my laaste “stretch”
Waar skrywer ongetwyfeld behoort
Daar sal ek skrywend sit
Ek sal die wedloop tussen
twee Titane beskryf
Elk ‘n meester in hul bedryf
Ek sal na die dag
Weer en weer hierheen verdwyn
Om woorde aan gedigte te leen
En gedigte se emosies aan woorde te wys

“Wolf soek jakkals se vrou
Tussen die skape
Wat haar vir hulle eie veilligheid
Gyselhaar hou”

Die pen sal die geleentheid gebruik
Waar die twee mekaar
Sal aanhou jaag
Ek sal die papier by my van hul weerhou
Vir my eie veiligheid

Die ink op papier wat my hart vertrou….

Deur
Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak