Thembela
Thembela speel in die reën
dis koud en die wind waai
sy maak haar arms wyd oop
en verbeel haar sy kan vlieg
Die wind se arms
vou styf om haar
en sy fladder so ‘n voël
tot waar die boomtakke wieg
Donker wolke, pak in die lug
die dak kraak en die bome buig
Thembela hou van die wind
en van groot ronde druppels reën
Sy knyp haar oë styf toe
en draai soos ‘n tolbossie rond
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.