Jongste aktiwiteit:

ruiter

van my duin af
sien ek vanoggend spore
van ver af kom dit op ligte gallop
hier en daar val daar handvol sand
waar die hoewe wegsak in skulperigheid
stadig majestueuse groot treë teen duin op
en weer op vrolike trippel verder duine oor
so lees my siel die lewens van mense
volgens die spore wat hulle oral los
party in trotse dinamiese stappe
ander stresvolle trippel trappe
hier en daar meer besadigde
afgemete rustige treë
wie is die ruiter
van die oggend
wat sulke netjiese
spore kon los

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed