MY BESTE TYD
MY BESTE TYD
My beste tyd in my lewe
my passie waarna ek strewe
so hard gewerk in die proses
eie digbundel met groot sukses
al my drome en gebeure
my lewe in helder kleure
met groot geopende deure
dis die beste tyd in my lewe
hierdie boek is my begin
met mooi gedigte daarin
sy naam is Drome van my Hart
lewe hier diep in my hart
met hope emosies
skryf ek oor al die stories
gedigte lees tussen die lyne
laaste strek maar nie die einde
© Eleen van Deventer Vorster
27/12/2018
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek