Jongste aktiwiteit:

NAG VAN VREES

NAG VAN VREES

Nag van vrees sal ek nooit vergeet
my lewe was in ‘n stywe greep
toegesluit soos in ‘n kluis
drie skelms is nou in my huis

net hier in my pikdonker gang
wag ek in angs soos ‘n bakkop slang
gaan hulle my vermoor of vang
ek was so bitter bang

sweet tap van my voorkop af
my hande is morsaf gekap
vinnig soek ek iemand se steun
ek staan regop op die been

my lewe flits vinnig verby
wie gaan my nou bevry
God staan langs my sy
My Heiland kyk na my

© Eleen van Deventer Vorster
27/12/2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed