Onnies
Ek werk ondergronds en kyk hul deur:
Onnies is ook maar dikwels in die sop!
Dis die hoof, die ouers en leerders ook,
vraestelle, merkwerk en almal wat dop!
‘n Onnie het ‘n stoel in die personeelkamer,
‘n eie beker (behoede my!) en teelepels bly soek.
Hul stry oor toesig, vryperiodes, die fotostaatmasjien
en soek gedurig na sleutels, flashdrives of ‘n boek.
………..Onnies word soos volg verdeel:
onderwysers en sonderwysers
Hulle is laat middeljarig, grys, .Die meeste is al oumas wat graag
dink net aan aftree en pensioen, ..foto’s van die kleintjies wys,
is moeg vir die kinders, traag …maar hul skitter in die klas,
om iets met ‘n rekenaar te doen. .as ruggraat van die onderwys.
Dan is daar die toekomshoop – ..Die jongeres is slank en mooi,
groep van onder vyf-en-dertig, .veelsydig, fluks en knap,
met stewige six packs, by rugby, maar baie weg met kraamverlof
en alle sport(s) nog regtig ywerig. ..wat dan die rooster weer omkrap.
Maar benewens lees en spel en somme
is dit die onnie se reusetaak
om jonges vir die lewe toe te rus en
so deur leiding hul eie merk te maak.
Hier kry ons weer die onderskeid:
onderwysers …en ..sonderwysers
Hulle werk hard, sien na, …Dies het self geen rigting
berei voor om almal deur te kry. ……om vir kinders aan te dui:
Hulle is betyds vir skool en sal …Boer op ‘n selfoon in die klas,
professioneel voor kinders bly. ….maak nie deadlines nie, is lui,
Onderwysers gee om vir alle .sit by die tafel, lees koerant,
leerders in hul sorg en is ..hou in die week tot laat party,
‘n voorbeeld van respek glip vroeg by die skool weg
en rotsvas op hul waardes ….en laat dissipline agterbly.
Van die departement weet onnies
nooit wat om te verwag.
Die samelewing gee ons jeug
net probleme dag en nag.
Onderwys is ‘n groot werk, so
ons laat dit in ‘n Hoër hand,
met die leerders en leerkragte,
en die toekoms (wat nog oor is) van ons land.
© Charleine Collins 9 Desember 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.